Hardcopy ISBN | : 9781920356729 |
Stock | : 1524 units |
Ebook ISBN | : 9780796091956 |
’n Blik op die Geskiedenis Graad 12 leerplan kan ’n mens afskrik – daar is soveel feite en datums om te onthou! Ace It! Geskiedenis Graad 12 kan dit vir jou makliker maak om die inligting in hanteerbare afdelings af te breek. Dit maak dit makliker om te leer en alles te onthou wat jy vir die eksamen nodig het. Hierdie fokus op feite en datums omtrent geskiedkundige gebeure is dalk ’n belangrike deel van jou voorbereiding op die eindeksamen, maar dit moenie die enigste ding wees waarop jy klem lê nie. Eksamintors spreek dikwels hul kommer uit oor die leerders se gebrek aan vaardighede by die ontleding van bronne om ’n argument te formuleer en te ondersteun. Ace It! Geskiedenis Graad 12 sal jou help om voor te berei deur nuttige en uitvoerige wenke te bied oor die verskillende bronne, insluitend foto’s, strokiesprente, plakkate, propaganda en meer.