Shuters Top Klas Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 9 Onderwysersgids Cover

Shuters Top Klas Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 9 Onderwysersgids



Author : A Hiralaal, L E Janse Van Rensburg, S W Oellermann
Hardcopy ISBN : 9781920604912
Stock : 42 units
Ebook ISBN : 9780796048004

Shuters Top Klas Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) Graad 7-9 vir die Senior Fase is versigtig beplan en geskryf deur 'n groep EBW spesialiste met uitgebreide ondervinding en kundigheid in hierdie leerarea. Die materiaal is ontwerp in ooreenstemming met die Kurrikulum-en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir die Senior Fase, Graad 7-9, en het ten doel om leerders toe te rus met lewensvaardighede vir persoonlike ontwikkeling en die ontwikkeling van die gemeenskap. Dit fokus op die doeltreffende en effektiewe gebruik van verskillende soorte private, openbare of kollektiewe hulpbronne om mense se behoeftes en begeertes te bevredig terwyl dit krities die impak van uitbuiting van hulpbronne op die omgewing en die mense oorweeg. Die materiaal handel ook oor die effektiewe bestuur van skaars hulpbronne ten einde winste te maksimaliseer. Dit is 'n nuwe reeks vir die Senior Fase wat bestaan uit 'n Leerdersboek en Onderwysersgids vir Graad 7, 8 en 9. Die Leerdersboek verdeel die werk in verskillende afdelings en eenhede en bestaan uit 'n omvattende Jaarplan, Vloeidiagramme wat leerders voorsien met 'n bree oorsig van die werk wat in elke eenheid gedek word, Hersiening van elke kwartaal se werk sowel as hersiening van die hele jaar se werk. 'n Oorsi g van die werk wat gedek moet word, word aan die begin van elke eenheid uiteengesit. Nuwe woorde word vervat in strategies geplaasde Woordbokse en belangrike frases en sentrale temas word uitgelig onder Sleutelbegrippe vi r elke eenheid van die werk. Relevante en sinvolle Aktiwiteite is aan die einde van elke eenheid vir leerders ingesluit om die inligting wat verskaf word, te versterk. Die Leerdersboek word afgesluit met riglyne vir voorbereiding vir die eksamen, studietegnieke en eksamen skryfvaardighede sowel as Voorbeelde van Rekeningkunde Raamwerke. Die Onderwysersgids sluit ook 'n Omvattende Jaarplan in om die onderwyser te lei met Voorbeelde van alle Formele Assesserings met modelantwoorde en memorandums. Voorgestelde antwoorde vir die aktiwiteite is ook ingesluit en riglyne vir die onderwyser verskaf waardevolle insig in die werk wat gedek word. Die reeks bestaan uit die volgende komponente en is beskikbaar Vir Grade 7, 8 en 9 in beide Engels en Afrikaans: Shuters Top Klas Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Leerdersboek en Onderwysersgids

Purchase Options


Ebook File Size : 1.47